Ryno & Madelein se Troudag

Op Saterdag die 25ste April 2009, het Ryno & Madelein hul Troudag gevier. Die Seremonie was by die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti en die onthaal was by die Weaver Conference Centre in Amanzimtoti.
Meeste van Ryno & Madelein se gaste was van Gauteng, so dit was 'n lekker groot saamtrek vir familie en vriende in Amanzimtoti.
Die Gaste het lekker gedans en ek het 'n goeie verskeidenheid musiek gespeel vanaf Afrikaanse Sokkie musiek, Boere Musiek en 'n goeie mengelmoes van nuwe en ou musiek wat gestrek het vanaf die 1960's tot die heel nuutste treffers op radio.
Ryno & Madelein het hulself terdee geniet en dit was goed om te sien dat almal so lekker kan Party! Selfs as die humiditeid 'n bietjie hoog was vir 'n paar gaste.
Van my kant af, veels geluk aan Ryno & Madelein, ek wens julle alles wat goed en mooi is en mag julle baie gelukkig wees in jul huwelik. Kinders By Dosyne!!!!

Powered By Blogger