Kuswag Skool Matriek Dans

Kuswag Skool se Matriek Dans het plaas gevind op Vrydag die 7de Augustus 2009 by Ushaka Marine World. Dit was 'n asemrowende idee om die funksie te laat plaasvind in die Aquarium, reg voor die Haaie. So verbeel net die volgende situasie:

Jy is besig om lekker te smul aan jou aand ete, jy kyk op en reg voor jou, terwyl jy eet, swem see lewe reg voor jou verby!
Absoluut Fantasties!

Die funksie was baie goed beplan deur Mev. Reinecke en haar span. Hulle het seker gemaak dat die aand glad verloop het.

En volgens die reaksie wat ek gekry het van die kinders op die dans vloer het hulle baie gehou van die musiek wat ek gespeel het. Dit was 'n mengel moes van nuwe Club Hits sowel as Afrikaanse musiek vir die kinder wat van "Lang - arm" dans hou.
Ek wil baie dankie se vir Mev. Reinecke en haar span vir die voorreg om my dienste vir hulle te gee, en ook baie dankie aan die skool hoof, Mev. Scholtz
Maak weer so Volgende Jaar!!!!
Powered By Blogger